Transcending'life'in the Biblical protection of the unborn: perspectives towards a jurisprudential anti-abortion apologetic

SA De Freitas - Journal for Christian Scholarship= Tydskrif vir …, 2006 - journals.co.za
Journal for Christian Scholarship= Tydskrif vir Christelike Wetenskap, 2006journals.co.za
Populere Christelike teenaborsieregsleer wat die konsep van'lewe'oormatig beklemtoon,
vereis ernstige heroorweging, nie net omdat'n verheffing van die konsep van'lewe''n
eenvoudige wetenskaplike ondersoek (wat uiteindelik diverse uitkomste tot gevolg het) in
die weegskaal plaas nie, maar ook dat die idee van die Beeld van God in die proses ontken
word. Deur in gedagte te hou dat die Skrif duidelik is omtrent die heiligheid van die
ongeborene, asook die feit dat die Beeld van God ook op die ongeborene van toepassing …
Populere Christelike teenaborsieregsleer wat die konsep van 'lewe' oormatig beklemtoon, vereis ernstige heroorweging, nie net omdat 'n verheffing van die konsep van 'lewe' 'n eenvoudige wetenskaplike ondersoek (wat uiteindelik diverse uitkomste tot gevolg het) in die weegskaal plaas nie, maar ook dat die idee van die Beeld van God in die proses ontken word. Deur in gedagte te hou dat die Skrif duidelik is omtrent die heiligheid van die ongeborene, asook die feit dat die Beeld van God ook op die ongeborene van toepassing kan wees, word 'n wesenlike element en sin van dringendheid ingebring in ondersteuning van die opposisie tot die euwel van aborsie vanuit 'n Bybelse regsleerhoek. Nie net wakker hierdie artikel opnuut weer die belangrikheid aan van die idee van die Beeld van God onder Christelik-Bybelse (regsleer-) pogings om aborsie teen te staan nie, maar dit verskaf ook regsleerperspektiewe wat dikwels geïgnoreer word, en rig sodoende 'n waarskuwing oor hoe irrasioneel en arbitrer kontemporere pro-aborsieregsleer inderdaad is. Dit baan daarom die weg vir 'n effektiewe Bybelse teenaborsieregsleerapologetiek wat die beperkings van die konsep van 'lewe' oortref wat ongelukkig so dikwels kontemporere Christelike pogings ten opsigte van die beskerming van die aggressiewe aanslag teen die hulpelose ongeborene verteenwoordig.
Sabinet African Journals
以上显示的是最相近的搜索结果。 查看全部搜索结果